top of page

ONS INTERVIEW N PAAR VAN DIE MOOISTE BOERE MEISIES 

Roseanne 

Is vanaf Ladysmith , maar woon nou al 16 jaar in Johannesburg. Haar oom was n Druiwe Boer. Sy is n Account Executive en sy ondersteun die WP.

- Jy is trots Afrikaans, wat beteken dit vir jou om n trotse 100% Boere Meisie te wees ?
Vir my beteken dit om nooit te vergeet wat my waardes is en wat ek groot geword het op en als wat ek geleer het... Ek het streng groot geword en was respek geleer en om ander in ag te neem teen alle tye. Ek sal nooit die feit laat ek maar eintlik n plaas japie is net weg gooi nie, geniet nog steeds die oop lug, die natuur veral as jy al die wild hoor in die agtergrond van die nag terwyl jy op die stoep sit en na die sterre stelsel kyk.

- Wat is jou gunstelling ding om n Suid-Afrikaner te wees ?
Lol sjoe, okay die tempratuur, die mense, die natuur... Verder as dit het ek geen opienie oor Suid Afrika nie... Dink bietjie ons land is in Shambles hahahaha
Jessica 

Is 19 jaar oud en van Pretoria Noord. Sy is iemand wat hou van n vissie vang en is mal oor verf en guitar speel, dis haar grootste passies. 
Sy is n boere meisie en opreg trots om n Suid Afrikaaner te wees. En sy is n Blou Bul.

- Jy is trots Afrikaans, wat beteken dit vir jou om n trotse 100% Boere Meisie te wees ? 
Ek is trots om n Suid Afrikaaner te wees want ons het een van die mooiste lande, mense is vriendelik hier en ons lang het so ver gekom... Dis n voorreg om hier te bly. 

- Wat is jou gunstelling ding om n Suid-Afrikaner te wees ? 
My gunstelling goed is om deel te wees van die mooi land , die mense en die lekkerste braaivleis het ons defnintief hehe.
Karin

Is 'n trotse Pretoria Jakaranda stad meisie. Sy het by Tukkies gestudeer en is 24 jaar oud. Sy is 'n Professionele Verpleegkundige (Suster). 
Sy hou van 'n uitdaging en is baie avontuurlustig en sy is 'n Blou bul.

- Jy is trots Afrikaans, wat beteken dit vir jou om n trotse 100% Boere Meisie te wees ? 
Om 'n trotse 100% boere meisie te wees beteken vir my om trots te wees op jou moedertaal, land en geskiedkundige gebeurtenisse. 

- Wat is jou gunstelling ding om n Suid-Afrikaner te wees ? 
Ek is trots om 'n Suid-Afrikaner te wees omdat ons van die mees vriendelikste inwoners het in ons land. Ons is gasvry en braai graag (braai is baie belangrik. Ons is hardwerkend en ons het die top rugby en krieket spanne, naamlik die Springbokke en Proteas.
Zanel 

Sy is baie sageaard ,diep mens. Sy weet wat sy wil he in die lewe en sal baklei daarvoor. Sk laat nie toe dat mense met haar mors nie. Sy bly op n plaas ander kant Ellisras en sy maak gereeld my voete vuil. Sys n Blou Bul.

- Jy is trots Afrikaans, wat beteken dit vir jou om n trotse 100% Boere Meisie te wees? 
Trots om myself n boeremeisie te noem en eg afrikaner te wees in ons land al het ons baie misdaad ens help ek graag behoeftige mense.

- Wat is jou gunstelling ding om n Suid-Afrikaner te wees? 
Om afrikaans te wees en behoeftige kinders/mense te help en kan sien op hul gesigte hoe dit waardeer word.

Madelyn

 

Is 19 jaar oud en bly tans in Vereeniging. Sy is 'n baie vriendelike en plat op die aarde meisie. Sy studeer op die oomblik BCom Besigheidsbestuur by Vaal Pukke en sy is n Sharks supporter.

 

- Volgens jou, wat maak n 100% Boere Meisie Unleashed meisie ?
Volgens my is dit nie 'n pienk John-Deere stieker op 'n kar nie, maar jou liefde vir diere en die natuur. 'n Boere meisie is 'n meisie wat life is vir haar taal en nog meer vir 'n aantreklike boertjie.

 

- Jy is trots Afrikaans, wat beteken dit vir jou om n trotse 100% Boere Meisie te wees ?
Om 'n trotse boere meisie te wees moet jy jou land lifehê tenspyte van die negatiewe aktiwiteite wat in ons land gebeur. 'n Boere meisie praat Afrikaans en hakkel wanneer sy Engels praat.

 

- Wat is jou gunstelling ding om n Suid-Afrikaner te wees ?
Definitief die sexy boerseuns haha, uhm biltong, braaivleis en Afrikaans

Michelle 

Bly in Kempton Park, maar is gebore in Empangeni. Sy is 'n Structural Detail Draughtsperson en ek studeer op die oomblik vir 'n Diploma in Siviele Ingenieurswese. Moet nie vergeet van die model nie, dit is iets waarvoor sy baie lief is om te doen in haar spaar tyd. Sy is 'n persoon wat altyd groot droom en sy mik altyd vir die sterre. Sy is n troste Shark supporter.

Volgens jou, wat maak 'n 100% Boere Meisie Unleashed meisie?
Ek dink dit is iemand wat net hulle self lief het soos wat hulle gemaak is. Iemand wat altyd glimlag, die positief in alles raaksien, en nooit twyfel in hulself nie. Trots Afrikaans, moet hou van braai, rugby, kuier, en al daardie lekker dinge wat afrikaners doen. Iemand wat nie bang is vir vuil word nie, maar ook kan blink om die boerseuns se kniee lam te maak!

Jy is trots Afrikaans, wat beteken dit vir jou om 'n trotse 100% Boere Meisie te wees?
Ek dink om 'n regte boere meisie te wees, moet jy hou van die natuur en diere. Vuil word moet gesien word as pret. Kuier, braai, familie en vriende is belangrik in 'n boere meisie se lewe. Dis 'n groot bonus as sy die reels ken van rugby, en self kan braai ook, soos ek!

Wat is jou gunsteling ding om 'n Suid-Afrikaner te wees?
Daar is so baie! Son, natuur, diere, kultuur, strande, bikes, en die mense. Afrikaners is vriendelike en fantastiese mense. Suid- Afrika is lekker om in te bly, en somers is die beste. Ons het baie om op trots te wees in die land. Maar my gunstelinge is die mense en braai definitief.
bottom of page